Jongste aktiwiteit:

Ander deuntjie

Sing jy ‘n liedjie met jou lippe
maar ‘n ander deuntjie met jou hart
vertel dit van sorg vryheid
maar jou binneste
eggo net smart
sien die wêreld jou glimlag
maar jou siel is stukkend
van verlies
praat jou mond een taal
maar jou oё
vertel hul eie verhaal
met net ongestortte trane
wat daaruit straal
lyk jou lyf normaal
maar diep, diep binne
sit die wond wat
kort gelede nog
‘n fetus was
hoe laat jy ander verstaan
die diep donker gat
wat in jou binneste is
waar die niksheid
jou oorval
hoe bly jy ‘n liedjie sing
as jou wese in rou is
hoe sal hul verstaan
dat jou enigste versugting
heel laas
net die hartklop
binne in jou was . . .

©Marsofine Krynauw




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed