Duif van vrede
Jy werk
jy swoeg
jy wroeg
jy probeer
so hard
maar is nou
gedaan en moeg
van die
aanslag
wat ongestoord
jou lewe
daagliks omkeer
in hel
jou ongebore kind
jou liggaam
wat net nie meer wil
dan ‘n vrou
wat van nêrens
instap voor jou
en val
jy het haar nie geraak . . .
oorweldig deur
kloue wat jou weghou
van vrede . . .
wil jy net opkyk
na die son
die spierwit duif
van vrede daar
sien in vlug
jou hand na haar uitreik
haar nooi
om daarop te sit
te voel hoe haar
vrede
jou liggaam
vul
jou wese
heel maak
van die onmin
en die seer
net vir jou bring
die sielerus
en vrede
vrede sonder maat . . .
©Marsofine Krynauw
10 April 2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.