Is daar whisky in die hemel?
Met jou nou ses voet onder
– op die rotse –
V E R D R I N K
sit ek vandag
hier langs jou graf
en wonder
so sommer maar net
of daar ook whisky in die hemel is?
want sou jy tog daar wakker skrik
met ʼn dik babelas,
hoop ek daar wag ʼn kelner
met ʼn knertsie in ʼn glas
Ek hoop dat daar ʼn kroegie is
waar jy ʼn regmaker sal kry –
vóór die hel soos bokhael losbars
as die môredors die oorhand kry
Sonder lokaas na die hemel
sal jy die bus daarheen verpas …
tensy daar op jou ʼn engel wag
met ʼn dubbel in ʼn glas
2 Kommentare
-

Kiekies
Eish dis erg, maar snaaks!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2019 projek