Wat lê voor?
Die krismisliggies het lankal
hul feestelike vonk verloor,
Van ons kersboom se glorie
is net vuurmaakhout oor
Buite val geelperskereën
vir dae al aaneen –
soet druppels genade
oral om ons heen
Golwende groen gebergtes
kontrasteer
met die hemel se stormblou,
wyl ek wonder wat hierdie prille jaar
vir jou en my inhou?
©Loretta Szikra
20190404
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.