Kastele bou
Kan ons gelukkig wees, en glimlag terwyl ons hande vas hou. Ek wil huppel van vreugde deur jou drome, en jy moet kan kliphard lag in my emosies. Kan ons gelukkig wees en deel in die lewe van liefde. Wil jy opstaan en lag, grappies maak en op wolke van mal wees speel? Wil jy onder lakens lê en praat en eensaamheid eenkant laat. Trek aan daai kouse en laat ons dan stap. In die son se strale of onder deur suikerbossie se maan. Laat ons gaan speel in belofte se waterpoele, en bou kastele met eerlikheid as klei. Kom ons skiet die krekkers van ‘n nuwe begin, en skink ‘n glasie terwyl ons harte, vrolik sing.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.