My skool liefde
Onder die akker boom of op die gras by die lockers. As jy smile, dan groet jou lippe mekaar. Die klok lui en ek sien hoe jy loop van hak tot toon. Jou kyte pronk soos ‘n pou se mooiste kleur. Die wandel van jou bene en jy wat omdraai en soentjies blaas. Jy het elke keer die son vir my gesteel. Op die bank vandag hier in die reën, is daar in my so ‘n snaakse seer. hoekom so jonk, ons harte mekaar moes kry, dat ek vandag my waansin aan jou wil bely. Ek is jammer oor trane, spelde en gebreekte glas, wat jy moes opvee in aande as ek deurskynend was. Ek, is jammer. Gaan sit jou voete in vrede, en speel in water van geluk. Jy verdien liefde vanuit die berg en die drukkies van somer mis.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.