Opruim
Jou klere hang nog in my kas
met jou parfuum gegeur
en in netjiese rye geargiveer
blaai ek daardeur
soos ons fotoalbum van onthou
as ek dieper kyk
deur die lig- en skadulyne
tussen jou rye en rye skoene
kom ek op jou nota af
langs die kissie met jou as …
“Maak asseblief skoon my kas”
©Pieter Mostert
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir MAART 2026 – HERFS/KAS projek