Spalk van geloof
Spalk van geloof
○ 2026 Ryno. Alle regte voorbehou. “”
In beperkte geloof dwaal jy rond.Slegs dit wat jy glo, is reg.
Dadelik reg vir ‘n geveg, sou die verse jou nie pas.
Vervloek tot die hel is almal wat durf om jou anders
te vertel.
Jou Bybel, met enkele verse, is jou swaard. Jy raak gou beswaard, sou iemand uit die boek jou beraad.
Ysig bly jou woorde; sondaars is verbode. Slegs net jy is welkom in die land van vrede.
Kerke is vir sondaars, bedelaars vir vergifnis Wie het gesê dit is n hotel vir bekeerdes?
Die oordeel kom ons nie toe; daardie kaart is vir ons as mens taboe.
Op jou knieë is waar ons hoort. Pleit vir mekaar op God se skoot.
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.