Al wat oor was, was die rooi stoel
Al wat oor was, was die rooi stoel
Ek loer deur die ruit. Alles is stil en vol stof.
Die groot deur is toe. Nooit gesluit. Ek stap in, hoor iets skuif. Dit was ’n muis; hy gaan nou hier tuis.
Ou foto’s teen die muur. Spinnekoppe het dit met hul webbe versuur.
Muurpapier, dit lyk eens duur. Nou gevlekte waterstrepe.
Al die meubels is weg. Net haar rooi stoel, bal-en-klou. Dit staan nog teen die muur.
Grys bolla, klein bril. Die geur van gemmertee sal ek onthou.
Anysbeskuit op die tafel. Sy het dit altyd vir gaste reg gehou.
Sy is weg. Al wat oor is, is halwe bewyse dat sy iewers eens hier was.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.