Die dorp het gedink jy hou van trou
Die dorp het gedink jy hou van trou
Pêrelblou oë, besige persoon. Stil sit was vir jou ongewoon.
Uit niks het sy ’n feesmaal voorberei. Sy was gewild in die kontrei.
Kuns was haar groot liefde, naas haar kinders.
Van dans en gesels het sy gehou, die storietannies aan die gang gehou en ander vroue op hul tone.
Ware liefde het sy gesoek. Dalk ’n boer, maar net nooit ’n papbroek.
Baie het probeer. Voor die kansel het hul gesweer, maar kort voor lank was dit weer tyd vir ’n ander om te probeer.
Sy dra soveel seer. Haar trane kan sy keer.
Tog het sy vir ons almal ’n goue les geleer… Jy moet nooit ophou probeer.
1© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.