Jongste aktiwiteit:

Boskerk

Boskerk

Son, jy leer my van die groter Lig, die almag van God.

Sou jy sag gaan lê, leer ek: elke dag het ‘n les. Donker tye sal ook daar wees.

Liewe maan, jy leer my: al is die tye soms hoe woes,

God is altyd daar. Sou die maan donker hang, leer ek die gevoel van sonder God se Lig.

Bome, julle leer my: daar is ‘n tyd om te groei, ‘n tyd om te laat gaan, maar altyd die naam van jou vrug te dra.

Voëltjies, so vry, daar is baie groot gevaar, maar julle weet: God is daar.

Elke dag is daar kos en ‘n snoesige nes.

Dankie, Here, vir die mooi natuur, U kerk hier in die bos, waar U altyd sal leef.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed