Jongste aktiwiteit:

Die troon

Die troon

Elke Sondag knyp ek gou ‘n tydjie af, so ‘n bietjie meer as ‘n uur vir U.

Ek kom buig voor U troon, verlaat my eie vir ‘n sekonde.

Soms is dit goeie bemarking, sodat die mense sien ek is wel nog hier.

Ek kan pronk— wie gee om oor die wat gluur?

Hier op my eie troon word my lewe goed bestuur.

Haat en sonde het ‘n onthaal; ek is die eregas.

Roem en rykdom is my kasteel. Hier is ek die baas.

Bediendes van skuld laat my onthou van die oorskietkrummels vir gebed.

Here, dankie, ek kon uiteindelik leer:

by U voete sit ek baie lekkerder as op my eie troon.

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed