Trouring
Trouring
‘n Pand wat beloof:met God se genade stap ons saam ‘n pad.
Om Hom te dien en te eer, sou dit Sy wil wees om eendag ons kinders ook van Hom te leer.
Ek verkies ‘n belofte sonder ‘n boei, net ‘n pand wat sê: dit is ons twee, saam.
Hierdie lewe mag ook vry wees. Al stap ons saam van nou af wel net een pad, bly ek en jy elkeen ons eie mens.
Sou die dood een van ons kom haal, groet die ander een.
Saam het ons die paal gehaal.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.