Jongste aktiwiteit:

voete in die stof (Goud)

voete in die stof

 

my voete het oor die jare baie paaie geloop,

van my eerste treë in Upington tot in Suidwes se stof;

ons ses kinders se voetspore het ons huis gevul,

langs my het my skoolliefde se hand myne vasgehou

 

met my Canon het ek die mooi in oomblikke vasgelê,

met kwaste het ek blomme en voëls laat leef;

maar woorde het jare lank soos voëls op ’n draad gesit,

tot Boom-betowering hulle een Juniedag laat vlieg het

 

sedertdien delf ek deur woorde en ek griffel graag,

verdiep ek my in die kuns van ons ou meesters;

ek tel elke woord soos ’n klippie teen die lig

en hou net dié wat glansend in my hand bly lê

 

ek speel met woorde, want die wêreld dra swaar;

ek wil nie nóg ’n stukkende deel daarvan word nie

as my pen één stukkende siel weer kan laat opkyk,

het genade reeds ’n venster in die donker oopgeskryf

 

ek het my digtersvoete eers laat hier op aarde gevind—

maar my oë was nog altyd op die sterre gerig …

 

©MarleneErasmus

23/08/2026

 

Voetnota:

“We are all in the gutter, but some of us are looking at the stars.”

Oscar Wilde, Lady Windermere’s Fan.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed