Anderkant werklikheid
Dit draai en tol, al in die rondte,
om en om, deur duister gange;
donker is die gesig van die nag
wat eenkant staan, wag, en lag.
Met gedagtes, koud, ongebonde,
wat draai en tol, al in die rondte,
word werklikheid verkrag, vervorm;
hulle kom in hordes aangestorm.
Hulle stuur hom, gebind met bande
aan vreemde plekke, deur donkerte,
om, om en om neem hulle hom alom,
laat hom spartelend, alleen en stom!
Ewig en altyd deel van duister magte,
‘n geknakte siel wat roep vir genade;
wat dwalend, waggelende, soos ‘n lyk,
met spasmas na lewe se asem uitreik.
Magteloos is hierdie siel, ‘n gevangene,
gelei deur pyn en vlammende swaarde;
om en om en om; willoos en vol wonde;
is dit ‘n straf vir sonde, waar is genade?
14/09/2016 © C. du Plessis
2 Kommentare
-
Louie
Diep vrae wat jy vra. Dit maak ons as mens baie uniek. Goed geskryf.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
altyd n plesier om jou werke te lees Casper