Jongste aktiwiteit:

My Verjaarsdaglys

My Verjaardaglys

Ek wil my verjaardaglys oorskrywe
want die almanak lyk al so verweerd
en ek gaan ‘n baie dun boekie oorhou—
Baie is al heen en ek vertoef by elke verjaardag
‘n wyle en onthou duidelik elkeen se
liggaamsbou,
gelaatstrekke,
die oë, mond, stem en lag,
hande wat so saam kon beduie
asof ons nog gister gesels het—
Nee, ek kan die name nie weglaat
want by elkeen se verjaardag
het ons ‘n kort geselsie en deel
ons memoires van lank gelede en
herleef ‘n tydgleufie in ons verlede —
So word almal se name maar oorgeskrywe
vanaf Januarie tot Desember om hulle
nooit te vergeet nie want daarsonder
gaan ek soveel armer wees!

Janetta – Helena [Babs]©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed