Ritme
Ritme
Lirieke kom en gaan,
speel oor gevoelens se bestaan.
Wysies word vaag,
maar die ritme bly
vir altyd staan.
Ongeloof sing die lied
van twyfel,
dankbaarheid prys
‘n groter Naam.
Die lied wat die lewe bring,
se ritme bly staan.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.