My Prentjie
kom ek teken vir jou ‘n woordprentjie
ek sal eers my hart tussen die wolke moet gaan sit
dit is daar waar hy die beste praat
ek sal dalk eers op my knieë moet sit en vir ‘n beter uitsig bid
my prentjie gaan dalk so krap-krap wees
jy laat my onderste-bo
my prentjie is dalk bybelversiemooi
jy laat my in so baie glo
met rooi kleur ek die agtergrond in
dit is mos liefde waaroor als gaan
met swart trek ek solank die buitelyne
lus gaan ook daarmee saam
sterre plak ek die hemel vol
jou skitterblink oë maak my lag
ek teken ‘n tuin vol blomme
dit is jou woorde elkedag
ek teken als wat mooi is in die vorm van jou hart:
woorde, lag, liefde in die vorm van jou glimlag
jou woorde
jou lag
en jou liefde so sag
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
dis so saggies mooi hierdie liefdesverklaring van jou.. pragtig Niel