Hier lê Genade
Waar ek na jou naak barheid staar
sonder enkel druppel reën wat val
huisves jy reptiel en menig’ plant
wat jy tog
uit droë woestynstof moes baar
As miskombers karos oor jou piek
besef opnuut dat Skepperhand
se bergengele vrylik hier waak
want aanskou
elk boom, plant, rotswand uniek
Soos vader son se goudstraal kwas
wals jy ritmiese golf-genot
diepgrom uit jou skatkis buik
en jou strand
kartel spoegskuim wit soos was
In die Bosveld op ‘n spogplaas
pronk Koedoebul en Elandkoei
onder geelsambreel, doringboom
trots en fier
want hier, ja hier
het moed opgee die aftog geblaas
8 Kommentare
-
-
neels
Waow Evelyn pragtig geskryf
-
Kiekies
Uitstekende slotstrofe!!
-
Amaspoke
Fantasties geskrywe
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
PUIK!!!