diaphane
ondeurgrondbare
maar tog so deursigtig
nie heeltemal helder nie
soos beelde in ligte mis
kom fyn en sweefagtig
skraal en bleek
na my ore
aangesweef
op die winde
van verandering
wat mikroskopies
en soms harsagtig
op die breinplaatjies
van my hart kom lê
kunstig soos die
son se verfkwas
vertel jou
woorde
my
wie jy
is
© Tearlach.
(Diaphane: oorspronklik uit Frans en Latyn en beteken deursigtig)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.