Jongste aktiwiteit:

Trappe van liefde

Trappe van liefde

 

Nog so jonk en dom, reeds sê jy dit was die laaste keer. Tog, voor jy sien, is daar ’n nuwe gesig wat jou hart laat spring.

 

Soveel om te gee, maar die dobbelsteen val teen dit wat jou hart begeer.

 

Harte word gebreek soos Grieke se skottelgoed. Splinters lê die wêreld vol.

 

Ouer word het my geleer, die jonge liefde was die verpakking van die liefde in die hart gestoor.

 

Lesse word geleer hoe om seer te keer.

 

Sou jy ook soms wonder wat die les was om te leer…

 

Beskerm jou hart met eer, hou op om dit oral te verloor. Gee liefde wat jou hart kan bied, maar behou jou hart wat liefde giet.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed