atipiese gewaarwording
na dae se prikkels
van klanke, gesigte
bewegende dele wat flits
indrukke wat gevorm word
voor en nadele opgesomde idees
goed- en slegte – weldeurdagte nadenke
kry ek nou die blywende indruk
dat nie alle werkers
goed geskool
is nie
in
plaas van
een toesighouer
is daar meervoudige
“items” wat rondstaan
beveel, en niemand luister
meer gebaretaal as een verhaal
minder oorgedra as een miskruier
se weldeurdagte, hoewel soms
herhalend-onbeholpe vrag
twee keer in vyf minute
dieselfde waterpyp
verwoes met
ontsag gesê:
sonder
gesag
dit
is
’n drama
wat hom afspeel
in lopende wiele en sand
met aanhoudende
tru-waarskuwingsklanke
waarin meer verwoes
word as wat daar
aanvanklik
fout
kon wees
’n balade van
een ontwykende
rioolpyp se
sage
wie was
die wenner
dit weet
ek nie
© Tearlach.
(Atipies – Iets wat nie kenmerkend of gewone praktyk is nie)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.