Jongste aktiwiteit:

Net voor ons moet groet

Net voor ons moet groet…

 

’n Lewe het jy vir my gegee, geleer die beste wat jy kon.

 

Foute het jy gemaak, dalk meer as wat ons saam kan tel.

 

Sou ek jou net kans kon gee om my meer oor jou eie lewensspore te kon vertel.

 

Sou ek vroeër die ware horlosie van die lewe net kon lees.

 

Daar was soveel tyd gewees, maar min om saam te wees.

 

Nou dat die tyd vir jou stil kom staan, belowe ek dat ek vorentoe sal leer om hierdie sekonde van tyd beter te verstaan.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed