Jongste aktiwiteit:

tien uit tien (Goud)

versnitwyn se vrugtige balans

word nie meteens geskep nie     én

poësie moet veredel met tyd

…die nuanses van beide moet vestig

met veroudering…

 

daar vestig ‘n tien uit tien-tydloosheid

wat tergend vertoef

in die kulturele siel van die poësiepaap     en

die fynbesnaarde fynproewer-palet

…beide tuiste van volrondheid en die perfekte tyd…

 

© Elmarie Nienaber van Kampen, 2026

*Neologisme – Poësiepaap: Soos die  smulpaap ‘n lekkerbek is vir eetgoed, is die poësiepaap vir poësie

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed