tot die mag tien (Goud)
my asemophou-oomblikke
wanneer jy só voor my staan
laat my lighoofdig wankel…
die kilte van jou bestaan
wil my in totale besit neem
ek stap weg en tel my treë
soos altyd 1 2 3 4…1 2 3 4…1 2
terwyl jy ryp-hees na my roep
slaan ek oor na tiene en
vergroot só my voorsprong met rasse skrede
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2026
*Neologisme: Ryp-hees – Met ‘n ysige stem
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.