vir ‘n dag of tien – Goud
vir ‘n dag of tien – Goud
kom voer my weg na tiengemeten
pak ‘n rugsak sonder vrees en verdriet
voer my weg tot waar ons weer
een met die natuur kan word
kom voer my weg na tiengemeten
tot waar voëltjies luidrugtig en onbeskaamd
oor onbenullighede kwetter
en takbokke vlugvoetig deur gras en bos beweeg
kom ry saam met my op die veerboot
met die wind in ons hare
sal ons weer vergange liefde vind
kom voer my weg na tiengemeten
vir ‘n dag of tien
© Retha van Deventer, Oktober 2026.
Voetnota:
Die natuureiland Tiengemeten is ongeveer 10,5 vierkante kilometer (1050 hektaar) groot en lê in die Haringvliet-watermassa in die provinsie Zuid-Holland, Nederland.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.