Oor jou
Vir jou
sit ek
oranje rose
in ‘n vaas
Drink ek
goeie witwyn
in ‘n bokaal
en eet by
die tafel
Oor jou
veg ek
elke
onmoontlikheid
Kies ek
voluit leef
plant ek
hoopwit rose
in my tuin
Soms as
ek niks verstaan
lê ‘n duifveer
niksvermoedend
op my stoep
‘n stil
broos
gedig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.