Jongste aktiwiteit:

Tussen niks

Al lyk die pad soms donker
skyn die maan steeds helder
al voel dit soms of jy tussen lug, tussen niks verdwaal
en jy nie weet waarheen jy gaan

Wanneer jy geen antwoorde verstaan
jy wegkruip vir al die vrae
kinders nie meer lag en speel
genadeloos-stil
wonder oor hierdie pyn en leed

Jou siel smag na skoonheid
na geluk na liefde
koester die kosbaarhede
en laat die wind al jou trane wegwaai

Laat Jesus se Hoërhand
reënboogkleure oor jou sprei
sodat jy geen teënspoed
op jou pad sal kry




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed