Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Hart wat omgee (Silwer)

Deur Driekie
Datum gepubliseer: 18 Januarie 2021 Aantal woorde: 85 288 Kere gelees 4

te midde van onweerswolke
en dreigende gevaar
rank drome soos wierook
om verwagting te baar

te midde van entiteit
se vooroordeel en gis
wens ek vir die nuwe jaar te vra

dat my oog regverdig sal kyk
nie van goeie waardes afwyk
dat my hand oop sal gee
nie vuisvorm en onmag skree
dat my oor simpatiek sal luister
nie oordeel of onmin fluister

want te midde van onsekerheid
bid ek dat my hart liefde sal stort
elke geleentheid met verwagtig sal omgord

©Driekie Grobler (2021)




TEMAS
3 Kommentaar
  1. HelenaMellet

    19 Januarie 2021

    ‘n Mooi gebed vir 2021, Driekie! Ek gaan hom beslis die jaar in met my saam vat.

  2. Anze

    19 Januarie 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2021 – Verwagting/e-projek

  3. Driekie

    19 Januarie 2021

    Dankie Helena, waardeer die lees en kommentaar, mag 2021 vir jou ‘n uitsonderlike jaar wees.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 95
Kommentaar telling: 127

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 228 gaste aanlyn

Bydraes – Argief