Jongste aktiwiteit:

As ek kom van die see

In ‘n wêreld van wonderwerke
is ons kannibale wat soos parasiete verdoesel
om soos oorlogskewers in die hitte te skerts,
of dalk net weer soos ‘n druppel teen ‘n muur-
afsypel na ‘n banaalose bestaan.

Maar as ék kom van die see
losgemaal en ribbes wat uit my skeur
vir ‘n mondvol bamboes en wier;
verdrink my-jou moordlustige
hang my soos ‘n trofee aan jou mantel.

Want as ék kom van die see
uit my dieptes, binne my, wil jy…
nooit té ruste kom nie,
want ek is ‘n toeris in jou menswêreld
en jy vreet my stuk-stuk op.

Want die see is ‘n storm,
wat in die kalmte, in die palm van God bedaar
en tussen hemel en kraanse vergaar;
met dit sou ek jou tog vra
om my té sien soos jy staar!

©Morné du Preez




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed