Wen
Wen
Om aanvaarbaar te wees in die
samelewing moet jy jou karakter
slyp en lelike neigings oorwin soos
gierigheid, afguns, haat, afknouery
en sadisme, valsheid en skynheiligheid,
alles verwerplike karaktertrekke wat
in die samelewing aanstootlik is
en jy moet dit oorwin—
Om in vyandskap te leef kan jy dink dat
jy die dispuut uiteindelik loshande wen,
maar dis dalk ‘n Pyrus oorwinning teen
‘n onherstelbare verlies van wen-verloor—
Die lewe is ‘n stryd en
wenners wil ons wees—
Janetta – Helena[Babs] ©
(‘n Pyrus oorwinning word genoem na ‘n Griekse koning Pyrrhus, of Epirus wie se leër onherstelbare skade gely het om die Romeine te kan verslaan]
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.