Jongste aktiwiteit:

aarde bewe

dit was soos elke oggend
normale dag van werk en leef
toe begin die aarde bonsend buig
almal gryp iets en hardloop na buite
massa histeriese mense wat gil en val
die grond skeur en maak toe in stuipe
soos die kronkels van ‘n luislang
kraak en dreun met knalle
wat stoom en water
oral spuit soos
natuurlike
geysers
lank
gevrees
en verwag
sê die sieners
ag my huis is plat
sê die ontwikkelaars
dankie Here ons leef
sê die wat hoop het
nou begin die werk
opruim herbou
soos die stryd
van ‘n gebroke mens
wat sy lewe weer
van voor af
herbou

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed