Afstand is blou
Tussen die bleekwit vleuels
van bladsye skuil
speeksel van ekstase
wat amok maak
Vanuit die diepsee
kom hulle aangestorm
en hul dwarrelvlug versplinter
in die pleistergroue lug
Hang die klank van mense
wat om ‘n orrel psalms sing
in bruin-grou vaaltes
en rotsige kaaltes
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.