
Verlange
VERLANGE
Plat om my rug tussen roosblare
Op die gras le ek na die hemelruim en kyk
Probeer die sterre tel die maan hang laag
Ek wil my hande uitstrek en aan hom raak
So tussen die melkweg heen soek ek na jou
Verlang my hart na jou arms om my
Ek voel jou hartklop en jou verlange
Tel jy ook die sterre sien jy die maan
Sag speel die kriekekoor hulle musiek
‘n simfonie saam met die padda koor
Roosblare flader in die gesuis van die wind
Die geur is soet die musiek goed
Hoe wonderlik is die skepping nie
Volmaak so al deur die melweg heen
Sien ek die aandster blink en wink
My hart raak week die maan so bleek
O Vader waar kry ek ‘n beter vriend
U ken die weg deur die melk weg
Slegs die gesuis van die wind
Elke kriek in die simfonie orkes
U ken die hoeveelheid sterre wat skitter
Trane wiggel langs my wange
Hoe klein is ek ‘n kind van die wind
Elke uur kan ek U vind
Nooit is U te besig om na my te luister
Nietige kind van die wind
Kan ek U vind
Vol liefde
Gebind.
~Jac~
2017-05-17
Koppie reg voor behou
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Sielvol en mooi en heerlik om te lees! (Let net op: 'n paar glipsies... Spelfoutjies?)