Hulle sê Ek is Mal
Hulle sê ek is mal,
Mense soos jy
in jou netjiese kerks en werks klere,
Perske pienk onder bloesie
met ‘n Marilyn Monroe moesie
aan die bokant van jou linker nippel
net onder jou vlinder tattoo.
Hulle sê ek is mal,
Mense soos oom Karel en tannie San
wat bedroef snags bybel sit en lees
en verkwans oor die jeug van vandag,
Sonder ambisie en klas
Wat kla oor die harde musiek van die bure
bespiegel oor al die kwaad agter daardie mure.
Hulle sê ek is mal,
Mense soos Gerhard en Michelle
wat agter af in die hof baklei
hul is egter al jare van tafel en bed geskei
maar tog is die kinders gelukkig en geklee
word daagliks rondgery in die BMW
na rugby proewe en eisteddfods.
Hulle sê ek is mal,
Mense soos jy,
Kluisenare in roetine van nege tot vyf
agter die televisie met 7de Laan en die nuus
Geen insig of visie
Van hul eie
Drome al lank vergeet
Ons as mens moet tog eet.
Maar ek IS mal,
Ek jaag hierdie droom sonder versekerheid
Die droom van woorde op papier,
Visie en passie wat my red en verskeur,
En sou ek miskien
Op tagtig misnoë steeds hierdie papier en pen bedien,
Weet ek, ek was mal,
Mal
En
Innerlik
Gelukkig.
-I Kriel
10 Kommentare
-
-

Viooltjie
Nee wat, jy is nie mal nie. Ek het jou gedig geniet :-) goed gedoen
-

Palet
Hou hiervan
-

Ronel Janse van Vuuren
Ons is almal mal hier - het die kat vir Alice gesê toe sy deur Wonderland loop. En so ook is skrywers: as ons normaal was, sou ons stories oor skoonmaak en ander alledaagse irritasies gewees het en nie oor die skoonheid van die veld of die nimf wat in 'n boom daar woon nie.
-

Okatopi
En ek absoluut love dit :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Amaspoke
Die een wat so sê is die een wat van sy kop af is (mal is). Mooi skrywe.