Arend
hoe beny die menslike siel jou prag
as jy sierlik beweeg in volle krag
in die lug begroet jy ‘n nuwe dag
jou oë skerp suiwer soos smarag
die windstrome het geen perke
vry is die wind oor jou vlerke
sweef jy na jou gesin in die berge
toevertrou aan jou uit Sy sterkte
Grasieus is jou beweging in die lug
jy dra jou kuiken op jou rug
met n doel gooi jy hom af in die vlug
hy sprei sy vlerke tot sy eie vrug
in jou hoogste hoogtes
in jou laagste laagtes
jou vlug is altyd sonder protes
Hy gebruik jou vir ons lewensles
met pyn moet jy jou snawel breek
of pynlik honger van lewe vergeet
dit is alleen moontlik as jy wil leef
met krag van Hom wat lewe weef
© Francois Meyer
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.