Jongste aktiwiteit:

Augustus 2023 Musiek projek

Beste INKers

Hierdie maand gaan ons die projek meer uitdagend maak. Dit gee almal ‘n kans om die winterys van die grysstof af te skud. Lees asb. baie noukeurig wat elke opdrag se vereistes en opdrag is.

DIGTERS:

1. Skryf ‘n gedig van 18 lyne.
2.Verduideliking:
3 kwatryne
3 koeplette
VOLTA:
Dit is ‘n retoriese skuif of dramatiese verandering in gedagte of emosie. Ek gaan ‘n gedig plaas en aandui waar die volta gebeur om misverstande te voorkom.

Jy moes gaan, teensinnig,
weg van die spasie
wat ons ingeruim het
vir samesyn

dat jy jouself, uit en weg en af
geskeur het

het die erdewerk
waaruit ek gedink het
my binneste bestaan
gekraak en verpoeier

omdat jy uit my binneste uit
weg en af geskeur is

het musiek gedoof
en die son sy hitte verloor;
tóg speel jou glimlag steeds [Volta]
in elke spieël wat hang

en klink jou woorde
soos koorsang in my geheue.

3. Die tema is: musiek. Dit kan eiesoortig geïnterpreteerd word.
4. Poog om ten minste een neologisme te skep.

 

MENINGSTUKKE:
1. Skryf ‘n meningstuk oor jou gunsteling musiek.
2. Laat die leser verstaan watter lewensles jy geleer het uit dié spesifieke musiek en /of watter rol dit in jou lewe gespeel het.
3. Geen woordtelling beperking nie.

RUBRIEK:
1. Geen woordtelling beperking nie.
2. Speel musiek ‘n rol in jou gemoedstoestand?

ARTIKEL:
1. Geen beperking op woordtelling nie.
2. Skryf n artikel oor die gebruik van musiek in terapie.

VERHALE:
1. GEEN beperking op woordtelling nie.
2. Skryf ‘n verhaal: Tema: “Die simfoniekonsert”
3. Enige genre.

Uitnemende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed