BAIE BELANGRIK: ‘N MOET LEES VIR ELKE LID EN VRIEND VAN INK
Ek wil julle net weer herinner aan die gala funksie op 22 Oktober 2016 by die hAp-huis in Pretoria. Ek wag nog vir ‘n paar lede se bevestigings of julle die funksie sal kan bywoon al dan nie. Ons besef dat dit finansiele implikasies het, en dat ons nie onnodige druk op ons lede en vriende wil plaas nie. Ons sien egter baie daarna uit om almal in persoon te ontmoet, daarom wil ek vra dat elkeen wat hier lees (al het jy reeds per e-pos laat weet) asb vir my ‘n aanduiding in die kommentaarblokkie sal laat sodat ek die getalle so gou moontlik kan kry om die beplanning daar rondom te kan doen. (As voorbeeld: Koos + 1 of Sarie + 3 gaste.) Ek weet jy sal verstaan dat ons die getalle so gou doenlik moet hê, en vertrou dat jy sommer spoedig ´n aanduiding sal gee.
Gaste is ook welkom teen R150 pp, noem dit net asb in die kommentaarblokkie. Die geld vir die gala-aand kan dan ook by die INK rekening inbetaal word met die verwysing GALA + jou inknaam. Die drag sal formeel wees, verdere reëlings word spoedig dmv ‘n gorrel en persoonlike e-pos deurgegee.
Ek gee weer die inligting rondom die gala-aand deur vir die wat dit dalk gemis het:
Hiermee wil die INK span u dan in kennis stel dat ons be-oog om ‘n Prestige gala-aand aan te bied, waar daar toekennings vir elke kategorie toegeken sal word, op 22 Oktober 2016 om 18:00 by die hAp huis, Malherbestr 115, Capitalpark. Pretoria. Dit sal ‘n formele funksie wees. Amptelike uitnodigings sal later uitgestuur word.
Toekennings gaan oorhandig word as volg:
(A) *Digter van die jaar
*Gedig van die jaar
(B) *Skrywer van die jaar
*Verhaal van die jaar
(C) *Rubriekskrywer van die jaar
*Rubriek van die jaar
(D) *Musiek en Liriek
Geliewe daarop te let dat dit nie noodwendig die wenner in die kategorie gaan wees wat die plasing van die jaar sal wen nie. Die INK moderators hou die webwerf reg deur die jaar dop vir uitsonderlike plasings in elke afdeling afsonderlik wat in aanmerking sal kom.
Daar sal so 6 weke voor die gala aand nominasies uitgegee word hier op INK van die moontlike wenners in elke kategorie, wat deur die INK paneel gekies word op grond van die jaar se plasings en dan aan onafhanklike partye voorgelê sal word vir finale beoordeling.
Kostes verbonde vir die funksie sal ‘n bedrag van R150 pp wees wat lewendige vermaak, vonkelwyn, versnapperinge en ‘n ete insluit.
Ink groete
Anzé.
12 Kommentare
-
neels
Anze soos ek reeds gesê het vir my sal dit ongelukkig nie moontlik wees nie
-
Vonnie
Anze, ek en Johann gaan, soos die Here wil, baie beslis nie hierdie eerste Gala-aand van Ink vir niks mis nie. . . Ons is daar!
-
Viooltjie
Viooltjie + 1
-
Arnold
Evelyn plus een, gee twee.
-
LadySoul
Ek sal daar wees. Soos bespreek.
-
Toom
Jammer, my ossewa se een vlerk is af en kan nie swem nie. Geen Toom + nul. Groetnis uit die verte vanToom (Baie, baie jammer)
-
Cornien
Cornien +2 Dankie Anze
-
Ronel Janse van Vuuren
Ronel + 3 gaste
-
Kiekies
Ek sal hierdie eerste rondte moet uitsit.
-
Louie
Dagse Louie +1 Groete
-
Ina
Sien uit daar na Ina (1) Geniet jul naweek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Paul Pretorius + 1(een) Sterkte met jou reelings!