Jongste aktiwiteit:

…TOE GLIMLAG JY

Die son gly-skuur weer sy vingers oor die geëelte kranse
en kom soek skoor by my voorstoep
met sy soetstroop goud beloftes
en sopnat blare toegevou in hoop

Die winter se weggooi blare
draf met giggel laggies voor die oggend se windvingers
oor my wit gerypte grasperk
en verdwyn by die plaashek soos ʼn meerkat in sy gat

Toe glimlag jy…
en ek trap ʼn trappie mis met my terugkyk
in die oopvou van jou glimlag
met jou hande in jou voorskoot toegevou

Die son kraak die nag se ys glimlag oop
terwyl die skaaphond op die bakkie lag en wag
en voerlande stoei onder die ryp van die oggend
en jy glimlag om te sê dit’s reg




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed