
WEER GAAN RY VANDAG
Ek het weer gaan ry vandag
tot by die dam waar die oggendmis
sy wit mis deksel op die plaasdam se pot geseël het
Ek het weer gaan ry
en gaan kyk waar laasweek se kapok
in die skadu van die kranse berggras kweek
Ek het weer gaan ry vandag
en gestop by die seeskulp kranse
waar die skape wagstaan
by die laaste strale van die son
Ek het weer gery
tot by die dassies op die klip stoofplate
om te kyk hoe hulle laatmiddag
die nag gaan groet
Ek het weer gaan ry vandag
gery tot by die plaashek
waar ek elke aand vir jou bly wag
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sjoe dis net iemand wat ook so lief vir die natuur is soos ek wat dit so mooi kan vasvang, ek het heerlik saam met jou gery!!!