Jongste aktiwiteit:

ALGEMEEN NET EK

Sal ons weer eendag
die son se oorgeblaasde goud weerspieëlings
teen die mure van ons gedagtes kan afskil
en vir ʼn vriend ‘n handdruk kommerloos kan gee

Die gekamoefleerde spioene van ʼn vergete verlede
smee doringkroon komplotte teen ons menswees
en gee ons ʼn rede
om stil te droog tot wit historiese gebeentes

Roer die kospot vir oulaas nog ʼn keer
terwyl ek rigting soek
en iewers op ʼn miershoop gaan sit en asem soek
nog vir oulaas kyk en kyk en asem soek
na waar die pot van die lewe sloer

…Kom kyk ʼn bietjie oor my lam getrapte skouers
terwyl ons agter die swaeltjies aanstap noorde toe
en leë bottels die oseaan instuur;
miskien net dalk miskien sal ons dan
kan glimlag oor die kaalvoet kinderdae van gister.




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed