Boeretroos en die spook wat loop.
Dina dit is darem so mooi op die stoep vanaand, ek kry skoon hoendervleis, as ek na daardie maan wat so agter Hangkrans uit kom kyk, skoon spokerig.
Jy praat so van spokerig Rens, wag dat ek gou vir ons elkeen ʼn koppie Boeretroos skink dan vertel ek jou die storie van juis dit wat ons gaan drink wil jy jou groot beker hê Martiens.
Ja my duifie jy weet mos ek hou van baie as jy met jou spook stories begin.
He! He! Dina is julle nou weer besig om vir my bang te praat vanaand of het ek nou al lank genoeg gekuier.
Haai! Rens jy weet mos jy is welkom om te bly hier op die plaas hier is baie vir ons almal en ook die spoke wat hier rondloop.
Martiens so waar as wragtig ek maak jou en Dina wakker vanaand as ek Longdrop toe moet gaan, vir julle se stories oor spoke wat rondloop.
He! He! Rens jy wil mos die maan en spokerigheid op bring, hier is julle se boeretroos en ook sommer ʼn bord vol vars boerbeskuit.
Jy weet Rens jare terug net nadat ek en Martiens die huis hier langs die vleiland kom bou het moes ons trek arbeider kry om vir Martiens te kom help om die groot land daar bo by die ou opstal te kom ploeg, dit was groot werk en die ou eenspoor Farmall trekker, moes jy elke twee ure stop en laat afkoel want anders wou dit later nie meer ploeg nie.
Nou toe kry ek maar ʼn trekker drywer van die koöperasie af, Piet was sy naam, hy het vir die week hier in die stoor kom intrek vir hom ʼn bed op die streep sakke gemaak en ons het hom omtrent nie gesien nie, van vroegdag af het hy geploeg tot laat nag.
Dina het vroeg in die more vir hom op die trekter ʼn sak met kos gaan hang, dit was nou eiers en brood biltong en ʼn Jerry kan swart koffie.
Nou toe hy nou klaar geploeg het Rens het Martiens hom gesê hy moes die Saterdag hier bly dan braai ons en dan kan hulle twee sommer sy familie loop haal om saam te eet!
Nou so met die braai sit Piet daar op die bank saam met sy vrou en vertel ons en vir haar hoe lekker hy gewerk het.
Terloops Dina se hy vir my!
Mevrou Dina ek wil net baie dankie se dat jy klokslag elke more en aand as ek gestop het, om te kan eet vir my die koffie so kom warm maak het op die mielie stronke.
Mensig Piet waarvan praat jy my vrou sou nou mos nie twee myl loop om vir jou die koffie warm te maak nie.
Regtig Martiens dit was sy wat die vuur en die koffie warm kom maak het daar in die ou opstal waar jy die sakke saad gesit het.