Boompie
Mensig Lettie dit is vanaand darem wragtig warm hier is nie eers ʼn windjie wat trek op die stoep nie, hoe hou julle dit hier sonder Elektrisiteit julle kan nie eers ʼn waaier op sit nie.
Aag wat Siena ons is die soort van hutte al gewoond soos Boompie se dit groei aan ʼn mense soos mos op ʼn boom!
Praat van die duiwel dan trap ons op die stert, hier kom Boompie nou met ons pastei se vleis uit die velt, heerlike Tarentaal vir more, het darem nie vergeet hoe jy jou laaste se keer jouself knuppeldik geëet het aan die pastei.
Boompie sit maar daar op die wasbak ek sal netnou met die skoonmaak aangaan dan bring jy vir ons sommer die vars pot Koffie, dat ons bietjie kan drink en dink soos oorle pa altyd gesê het.
Lettie Kom dan stap ek en jy gou daar na die Longdrop toe want ek voel die blaas praat met my nou in Engels, dit lyk vanaand sommer heerlik hier in die volmaan onder die sterre hemel Siena.
Lettie ek wil vir jou nou vanaand ʼn vraag vra my ou sister jy weet ek het al jare wat ek herkou aan die ding wat my skoon ʼn maagseer gee.
Aarde tog Sienatjie wat is dit my ou sus?
Die ding dat jy nou jou man altyd Boompie noem dit het niks te doen met die lag twak wat die mense so in die dorpe rook nie.
Ha! Ha! He! Toggie ek piepie myself vanaand nat as ek nie gou genoeg op daardie longdrop kom nie, Siena gee net kans ek vertel jou die storie.
My aarde Lettie die boom op die muur het nou gerek dit raak nou massief groot!
Ja nee Siena dit gaan juis oor daardie boom wat jy nou so kom sien op die muur, Boompie se ma het my die storie vertel jare terug toe Boompie nog so nege jaar oud was het hy naweke van die koshuis af gekom en was omtrent elke dag saam met sy pa, Oorle Pa piet maar die Sondag het hulle so oudergewoonte die koeie kom melk.
Mensig Lettie het hulle die koeie ook op ʼn Sondag gemelk dit is mos ʼn groot sonde mens!
He! He! Siena ʼn mens kan darem nie die Koeie laat oorstaan met die groot eiers nie, maar Boompie sien toe die piep klein doring boompie in die kant van die kraal staan en skep dit sommer so op met mis en al en sit dit bo op die kraal muur neer om die volgende dag te loop plant.
Is maar seker die hart van ons Boere kinders Lettie wat met hom praat want ek sal hoeka dink wat met die boompie sou word as die koeie op dit trap.
Net so Siena en hy vergeet toe blykbaar Maandag is weer skool en die volgende dag het sy pa die plantjie met nog ʼn hand vol mis grond en water gedokter en so het die boompie net daar begin penwortel skiet en teen die tyd wat hy weer huis toe kom was die boompie klaar vas gewortel in die klipmuur.
Wel Lettie nou het julle darem ʼn sambreel oor die Longdrop.
Einste Siena en my ou man het die naam van boompie wat sy ma hom gegee het.
Kom ons stap terug na die stoep ek dink Boompie het klaar al daardie koffie gedrink.
Boompie nou weet ek waar jou naam vandaan kom mens ek dag nog al die jare jy het jouself met Lag twak opgehou.