Die Byenes in die dak!
‘’ Ja Heleen ons het vandag weer ʼn heerlike dag in die dorp gehad, elke keer as jy af kom kry ek ook darem ʼn kans, om die dorp te gaan verf soos die ou tannies in die dorp se. ‘’
‘’ Ja jy weet Dina dit is net soos jy daar se, ek moet meer kom kuier dan sal jy ook kan se jy het styl! ‘’ maggies is ek reg as ek se dit is ʼn pragtige stuk heuning koek daardie. ‘’
‘’ Ja jy weet Heleen Flip het mos een jaar hier ʼn nes probeer uit haal in die dak, toe jaag die bye hom hele plaas vol, en ek slyt my in die kamer toe om weg te kom.
‘’ My aarde Dina het julle toe ontslae geraak van die nes!
‘’ Ja en nee Heleen, toe Flip sien hy gaan nie wen nie toe kry hy sommer ʼn blik met ʼn klomp streepsakke daar in, en steek dit so oonder die dak in en die bye vrek omtrent die hele lot net daar op die plek, mors dood se ek jou!
Ons het toe die toegewaste heuning als uit gehaal in die dak, en toe die dak toegemaak en net ʼn week later sien ons die bye weer werk land en sand!
‘’ En wat doen julle toe Dina!
‘’ Flip het hulle dop gehou en die keer lyk dit of die bye ʼn heel ander temperament het as die ander lot, of hulle het gesien wat met hulle maaitjies gebeur het. ‘’
Nou toe los julle hulle net daar Dina!
‘’ Net so Heleen, hulle het ons nog nooit gesteek nie, Flip het tot ʼn man gat in die eetkamer se plafon gemaak, en elke nou en dan klim hy net in en sny ʼn stuk toegewaste koek af, kom sit hy hom so vir my om dit in stukkies te sny en van dit uit te druk vir ons Rooibos tee. ’’
‘’ Dina jy se die bye steek hom nie!
Net soos jy daar se Heleen, nog nooit nie, maar ek het ʼn lekker storie om vir jou te vertel van dit, ek maak net gou koffie dan klets ons so ʼn bietjie oor die dag wat die Trekker man hier was so ʼn jaar terug. ’’
‘’ Ek en klein Flip my seun, was weg dorp toe die dag, net dat Flip van die land af kom onthou hy dat hy nog ʼn stukkie heuning uit die dak wil haal, en spring gou in, en kom sit dit net daar waar daardie stuk nou lê, dat hy hoor daar is iemand by die hek!
‘’ Dit is nou seker die Trekker man Dina!
Einste Heleen en jy weet wat ʼn terggees my Flip is, hy nooi die man in en hy gaan sit daar by die eet tafel, toe hy uit die dak klim het hy so ʼn paar druppels heuning gemors en daar lê so ʼn paar druppels op die tafel. ’’
‘’ Dag en wat het ek die besoek aan te danke meneer se Flip, en sit en praat met die man oor die voorstel wat hy maak, dat hulle hom as hy nou weer ʼn trekker koop, wil hulle hom ʼn ploeg wat saam met die trekker kom vir niet bygee, want dit het twee skare wyer as die normale ploeë, want hulle wil dit toets met die trekker maar Flip het nie nodig om bekommerd te wees nie, enige skade sal vergoed word!
Nou sit Flip en sien die man hou die druppels dop wat op die tafel lê, en voor hy kan se wat dit is, toe vat die ou sy voorvinger trek dit deur die druppel en ryk eers daaraan, en druk sy vinger in sy mond!
Mmm! Dit is verdomp lekker se die ou, en vra vir Flip of daar ʼn Byenes in die dak is!
Flip is onmiddellik op die ou, en vertel hom nee man hy het iets om hom te vertel, ek is jammer dat ek nog nie die tafel skoon gemaak het nie.
Nee dit is niks, se die ou en vat sommer nog ʼn lek van die druppels wat daar lê en se weer, man dit is nou lekker heuning die!
Dit is dat die verdomde Flip vir hom se dat dit nie heuning is nie, maar dat dit sy vrou se kis is wat bo in die dak is, wat al so ʼn paar jaar terug aan suiker siekte dood is.
Die man se oë rek so groot soos pierings, en dit is dat Flip vir hom se dat dit wel heuning was.
He! He! Dina ek sou daarvan gehou het om die man se oë te kon sien!
Ja die Flip kan darem snaakse goed kwyt raak!
‘’ Kom hier is ʼn stukkie heuning Heleen! is so wragtie waar die soetste heuning ooit! ‘’