Einde van die Longdrop
‘’ Mensig Dina dit is lekker warm hier by julle op die plaas. ’’
‘’ Ja Christina dit is darem baie beter as die afgelope winter wat ons gehad het.‘’
En dan kan ek van nou af die gaste welkom heet, in ons nuwe gemakhuisie in die huis, verdomp weet nie hoekom niemand aan dit jare terug gedink het nie!
‘’ Ek sien Dina ons is nog nie so gelukkig nie, maar ek het ʼn pragtige storie om te vertel omtrent ʼn long drop wat te lank gestaan het. ‘’
Ons bure se seun wil trou, maar wil nie die vrou op die plaas bring nie, want sy is van die stad, en is nie gewoond aan die Longdrop nie!
Nou hy het geklae en geklae by sy pa dat hulle ook ʼn spoel toilet moet kry maar ou Frik wil niks weet nie.
‘’ Kom nou pa Frik dit is regtig nie meer nodig om twintig meter in die nag tot by die Gemakhuisie te loop en terug te kom nie, asseblief pa ek smeek jou. ‘’
‘’ Nou wat is fout Jan die longdrop was goed vir jou Oupa vir jou ouma en hulle ma en pa en nou wil jy se, dit is nie goed genoeg vir jou pragtige meisie nie. ‘’
Wel dan sal ek ʼn ander plan maak pa, dit is nou skoon hardkoppigheid die van pa!
‘’ BA! Klein Jan ek wil sien dat jy jou verdomde hande, aan dit sit wat al die jare goed was vir my en jou ma, en wat van julle, nou wil jy kom kla. ‘’
‘’ Jong Dina die Jan het gebroei en gebroei oor die longdrop tot die anderdag. Toe gee iemand hom die ideë om ʼn Karbide bom te maak en dit op te blaas. ‘’
Mensig die Jan is verdomp astrant as jy my vra Christina!
‘’ Net soos jy daar se Dina maar al wat in Jan se kop was is dat die verdomde ding af moet kom, sodat hy sy spaargeld kan vat en die nuwe een in die groot Badkamer te kan sit. ‘’
Hy maak ʼn Karbide bom in ʼn inlê bottel, toets dit in ʼn miershoop en dit werk te pragtig, om te verhoed dat die glas iemand seer maak, maak hy die bottel toe met koerant papier met die klein sakkie water in, en wag dat sy pa hulle moet gaan loop en slaap die Sondag middag!
‘’ Dit klink nie goed vir my nie Christina, ‘’
Wel toe hy nou sien dit is stil by die huis loop hy van sy kamer en skud die bottel sodat die sakkie breek tussen die Karbide en druk dit tussen die gemors in met ʼn stok en maak dat hy wegkom.
‘’ En Christina ‘’ blaas dit toe die longdrop op!
‘’ Jong Dina ‘’ dit was heel Klasiek ‘’
Net dat Jan so agter die kraal muur in skiet kyk hy terug en sien sy pa maak vir die Longdrop, hy spring om en skreeu, Pa! Pa! Stop maar Frik is in, en dit is net dat die ding blaas! Kaboem!!!
Een helse stof wolk, en die dak wat trek met Frik wat daar staan met oë so groot as pierings!
‘’ Mensig Christina ‘’ het Frik toe seer gekry!
‘’ Wonder bo wonder nie Dina ‘’ Jan storm nader en vra verdomp pa kyk wat het nou gebeur pa kon seer gekry het!
‘’ Waar van praat jy Jan ’’ ek is net donors bly ek het dit nie in die verdomde huis daar by jou ma gelos nie!
Wel Jan het sy binnehuisie gekry en hulle is nou getroud!
Die tannies van my!