Jongste aktiwiteit:

Frikkie Speensalf !
vir

Frikkie Speensalf !

 

Tan Miena en tant Siena sit rustig en hekel by die flou kers liggie in die kombuis toe Frikkie daar verby loop om te gaan kyk of die plaat by die skaap kraal goed in gewikkel is, want hulle het hoeka die laaste week twee lammers verloor en die jakkalse gesels weer hart in die vlei vanaand!

Dit is dat Frikkie uit stap, dat Siena vra maar Miena hoekom is Frikkie se naam dan nou Frik Speensalf!

Miena lag so onderlangs en lag saggies na binne toe sy haar keel skoon maak en se.

‘’ Ai! Siena dit is nou regtig ʼn lang storie maar sal kyk of ek hom klaar vertel  voor die kers plat gebrand het!

‘’ Jy sien Siena so ʼn hele paar jaar terug toe hy nog na sy vroutjie Kleintjie gevry het, was sy hier vir die naweek om te kom kuier!

Wel jy weet mos die lewe loop staan nie stil as enige iemand kom kuier nie, en die more vroeg lê ek en pa mos nog en slaap in die bed, en ek hoor die swaar voetstappe in die kombuis en hoe klein Frik die emmers optel .’’

En kraal se kant toe staan!

‘’ Ja Miena dit is waar die manne moet mos vroeg sorg vir die Kalwers!

Net soos jy daar se Siena .‘’

‘’ Man Siena en die Kalwers laat hoor luidkeels van hulle by die kraal soos klein Frik aangestap  kom, en dit is nadat hy nou die Kalwers oop gemaak het, om by hulle spene uit te kom, dat hy toe vir die een ou koei Blommie wat ons al jare melk vir die huis, want Johannes is ook daar klaar besig om die res van die Afrikaner koeie te melk vir die dorp melkery. ’’

Nou Blommie is baie steeks die more het seker nie baie lekker geslaap nie want die eier hang laag, en sy is vol melk die ou Vries wat ons het!

Gewoonlik staan sy net so en laat Frik sy werk doen!

Maar die oggend hetsy ander dinge in haar kop!

‘’ Ja Miena Pa het mos altyd gesê hulle kry Jakkals streke. ‘’

‘’ Einste Siena! Man en Frik smeer sy hande en die eier met Speensalf en wil net begin melk dat Blommie hom so ʼn veeg  gee met die tong in die gesig, He! He! Jy weet ek sou self ook daar wil wees om dit te kon aanskou. ‘’

Frik staan op en vat die een spantou wat daar hang want soos ek se hy het nog nooit nodig gehad dat hy haar moes span nie!

‘’ Toe hou sy seker op sal ek se Miena!

Nee! Man toe raak dit sommer veel erger want net dat Frik die emmer so kwart vol het, sal sy nou staan en rond trap en trap die emmer heel tussen Frik se bene uit en daar lê die melk in die misvloer!

‘’ Ai! Siestog Miena dit is ʼn gemors van sulke lekker Vries melk. ‘’

‘’ Jy vertel my Siena en dit is dat Frik rond kyk vir nog ʼn span toe en kan dit nie kry nie, en is al klaar briesend vir Blommie, vat hy toe sy serp wat om sy nek is en span dit om die vers se bene en daar gaan hy aan om te melk!

Toe kry darem seker vir Blommie gemelk. ‘’

Jong soos ek gesê het Blommie was heel om gekrap en begin vir Frik so met die stert te slaan!

Nou teen die tyd is Frik al amper klaar maar daar is nog melk en hy wil klaar kry maar die stert bly swaai en Frik kan dit nie meer vat nie, met sy hande vol speensalf staan hy op, sit die emmer eenkant toe en sit die klein melk bankie agter Blommie en trek sy belt uit sy broek, vat die stert en wil dit teen die balk vas span bokant Blommie.

He! He! Siena wat volgende gebeur is dat Frik so rek om die balk by te kom, val sy broek af en dit is net toe dat Kleintjie daar aangestap kom!

Want hier staan Frik met sy hande vol speensalf met ʼn gespande koei en sy broek op sy knieë!

Dit het mooi praat gekos by Kleintjie om haar te laat insien wat die storie regtig was!

‘’ Ai! He! He! Miena  dit was nou regtig ʼn goeie een daardie en nou straf julle hom nog met die naam van Frik Speensalf. ‘’

Ja Kleintjie het dit vir hom gegee!




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed