Motorfiets ryer met ʼn twist!
‘’ Naand Freek mensig julle val hier uit soos ʼn wolkbreuk op ʼn ploegdag, nog steeds op die motorfiets, hoeveel jare ry jy en Rita al so met julle langnaweke ‘’
‘’ Ja Chris dit is al 17 jaar van net na die tweede wêreld oorlog sal ek se, het die Harley Davidson op ʼn Vandisie vir 1 pond vyf gekoop, ʼn pond gekos om reg te maak en hy ry nog steeds ‘’
Ja nee hulle het nie ʼn einde nie, hulle is net so sterk as ʼn trekkers sal ek se.
‘’ Nou waarheen is julle nou oppad Freek, want ek sien julle het nie baie goed met julle nie ‘’
Ons het maar net in die pad geval wil more so by Ligtingburg verby oor die Hartbees hoek pas en dan weer Thabazimbi toe!
Ja dit laat my dink die tyd wat ek in die weermag was net na die oorlog het ek mos kampe gedoen hier by Potchefstroom.
Loop ek na die menasie toe die aand, en die Sersant roep my!
‘’ Chrisjan ek dag dan jy gaan huis toe vir die naweek!
‘’ Nee Sant ek wag nog vir die pas dan is ek weg!
‘’ Jy kan my gat skop jy weet Chris, want ek sit met dit in my sak, en het skoon vergeet om dit vir jou te gee, jy sal moet roer of jy loop al die pad Ventersdorp toe vanaand in die volmaan. ‘’
Ek spring om en vlieg terug na my Kamer toe gryp my was sak om die kleure huis toe te bring, vir die huishulp om te was, en vlieg by die hek uit, die wag het my wragtiewaar nie gesien nie.
‘’ Ja Chris ek onthou nog daardie jare na die oorlog, en kom jy toe reg met ʼn geleentheid. ‘’
‘’ Jong Freek ek skiet daar by Wit rand verby en net dat ek die stukkie pad tussen Potchefstroom en Skoonspruit vat toe kom die maan so daar oor die Ooste op en dit blink sommer so op die spruit, Dan sien ek die man wat by die brug staan in sy Motorfiets uitrusting en stap nader. ‘’
Naand My Maat en as jy so alleen staan hier op die brug wat is die naam!
‘’ Hy kyk my so op en af en se dan Dries!
‘’ Wel Dries lyk my ons is alleen hier vanaand, want ek het so ʼn bietjie laat weg gekom by die kamp, O ek is Chrisjan maar noem my maar Chris. ‘’
‘’ Nou waar bly jy Chris!
Ag so tien myl van hier, as ek nie geleentheid kry nie is dit ʼn lang stap vir my, Kom stap saam dan kan jy dalk saam met my ʼn geleentheid kry, waar is die fiets as ek mag vra Dries.
By die huis, maar ek moet ook vanaand daar kom want dit raak laat en Lichtenburg is ver!
Toe ons oor die brug stap is die volmaan al hoog, en ons stap seker so een myl toe kom ʼn ou Fort bakkie van agter, en ek herken dit in die maanskyn as oom Kobus net hier ander kant ons sin!
‘’ En die ou Chris Kry hy toe ook ʼn geleentheid!
‘’ Man Freek nee! Want net dat die trokkie stop kyk ek om en skrik my gat af want die ou is nêrens te sien nie, oom Cobus stop en vra my, en nou het jy ʼn verdomde spook gesien Chris jy lyk self soos een!
‘’ Magtie Oom Cobus jy moet my nie bang praat nie, want ek het so wragtig die hele pad met ʼn ou loop en praat, sy naam was Dries!
‘’ Jong Chris sit dan vertel ek jou ʼn storie, so tien jaar terug net voor die oorlog het ʼn jong man van Lichtenburg met die naam Dries daar by die brug hom self dood verongeluk. ‘’
‘’ Oom Cobus dit is waar! Want die ou het gesê hy is van Lichtenburg af!
‘’ Ja Chris! En elke volmaan dan probeer hy weer by die huis kom, want dit was op volmaan die aand wat hy van die brug af gery het, want hy het op die fiets aan die slaap geraak, Nou se die mense hy weet nie dat hy dood is nie!
‘’ Komaan Chris jy is nie serieus nie, ons het vroeg vanaand oor die brug gery en daar het ʼn motorfiets ou op die brug gestaan, ons was net te haastig om hier te kom voor donker, en dit is juis volmaan vanaand! ]
Ja Freek dit laat my hare ook op staan elke keer as ek en Marie daar verby ry dan sien sy hom staan want sy is mos ook in die helm gebore.
Mensig Chris jy gee my skoon hoendervleis man want ek sien gereeld goed wat vroulief nie sien nie.