Jongste aktiwiteit:

O! Gonna daar lê my prys bul!
vir

O! Gonna daar lê my prys bul!

“Naand Jan ek is so bly julle kon weer ʼn draai kom maak Kleintjie vertel my jy soek so ʼn bietjie wild vir jou plaas”!

“Ja swaer Frik dit is so, ek het mos soveel skade gehad daar bo teen die Thabazimbi pad, die verdomde  Klein blaar haak en steek bos het heel om geval en  die draad plat gedruk toe kom omtrent al my Rooibokke en paar Koedoes ook toe daar uit”!

En jy weet vrye wild is andermans se biltong op die tafel in daardie wêreld!

“Mensig Jan jy moet maar maak soos ek maak, kry die grens lyne skoon”!

“Dit is so Frik net jammer spuit kom altyd te laat”!

“Wel Frik ek het darem nog baie wild hier op my grond, en dit is net dat ek het die anderdag self een van my beste stoet Koedoe bulle dood geskiet het”!

My aarde Frik nou wat gaan staan en vang jy dan nou aan, om so ʼn dom ding te doen jy weet dit is goud werd op ons grond!

Man ek loop en soek ʼn mooi rooibokram vir so ʼn bietjie tafel biltong jy weet daardie fyn gestampte droë biltong wat so lekker oor die Pap in die more is, en dan die terte wat Kleintjie so baie maak!

Ha! Hier kom sy nou net aan met een van hulle en lekker koppie Koffie!

‘’ Julle praat ook so hard ek en Katrien gaan sommer daar by die stoof sit en die Pampoen in die Oond dop hou lekker eet Jan!

Ja waar was ons nou weer!

Ja die dag stap ek en Boesman daar na die agterste Windpomp toe en dit is mos waar ek so ʼn bietjie tef  vir die Rooibokke plant dat ons nou die Rooibok kry en terug kom net hier naby die huis sien ek die Koedoe Bull vir my staan en kyk, reg langs ʼn Groot tyd miershoop dat die duiwel my vinger

laat jeuk en ek lê mos maar net so aan en, voel die gevoel net so om te sien hoe lyk die bul in die versier!

Ek kielie die sneller so en daar gaan die skoot af!

Ek skrik my boeglam val agteroor, en kan nie glo dat die skoot af gegaan het nie!

‘’ En Frik toe skiet jy hom!

‘’ Mensig Jan toe ek op kom sien ek hom nie, want daar is so ʼn weglê doringbossie net langs die mierhoop. ‘’

Boesman se net Jo!, Jo! O gonna Frikkie jy het hom!

Ons stap soen toe en so wragtig waar hier lê die mooi bul op al vier sy pote, lyk soos die Harley Davidson wat hier agter die huis staan sonder wiele, ek wil my gat skop maar dit is te laat!

Boesman kyk na die Koedoe en loop soos ʼn mal haas al om dit en se weer!

Jo! Jo! Frikkie die Koedoe het hom dood geskrik! Hier is niks bloed nie!

Nadat ons mooi kyk het sien ons dat die koel het by die onderste lip in gegaan deur die bek en by die regop hare agter sy regter horing uit gekom magtig ʼn  mooi skoot!

Gelukkig het ek juis ʼn bestelling vir ʼn trofee en kon ek darem ʼn paar rand maak uit die ongelik!

Kry nog ʼn stukkie  tert Jan dit is juis van daardie koedoe wat ek so dom gaan staan en skiet het!




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed