Spook in Perske boord!
‘’ Mensig Marta die maan is omtrent groot vanaand, toe ek nou uit stap Gemakhuisie toe, mens kan enige skaduwee aansien as ʼn verdomde spook!
‘’ Ja Dina jy kan dit weer se, want jy weet dat hier ʼn spook loop op die plaas van toentertyd al af ‘’
‘’ Haai Marta wat vertel jy my nou, ek sal mos nie meer in die nag kan gaan blaas leeg maak nie ‘’
Ha! Ha! Jy moet nie bang wees vir Herklaas nie, die ou siel het mos jare terug ʼn onderonsie met Flip se Oupa gehad, oor die ou pad wat daar waar die perske boord is, geloop het!
Blykbaar oor ʼn ooreenkoms wat tussen hulle vaders opgetrek was, maar geen bewys kon ooit gekry word oor so ʼn ooreenkoms nie.
‘’ My aarde Marta wat vertel jy my nou, en ek stap al hoeveel keer hier uit in die nag na die gemakshuisie toe.
Jare terug sit Martiens mos een aand op die kombuis stoep met net so ʼn groot maan en kyk na die perske boord, dat hy iemand sien stap op en af met die boord.
Nou my Martiens is mos in die helm gebore en kan geeste sien, en hy sit en kyk die man wat daar so loop, roep my en se, so by my kool hy is al weer hier.
‘’ Wie Martiens vra ek en hy wys my, maar ek sien net mooi niks ‘’
‘’ Is dit weer jou spook Martiens vra ek, en gee hom sy koffie en twee vars beskuite ‘’
‘’ Jong Marta probeer jy my nou bang praat verdomp, jy weet hoe bang is ek vir bonatuurlike goed ‘’
‘’ Kalmeer Dina laat ek eers klaar vertel, drink jou koffie dan vertel ek jou alles, dit is dat Martiens sy koffie en beskuit klaar geëet en gedrink het, dat hy opstaan en so na hom stap daar in die boord, en vir Herklaas se dat hy is weer besig om ou goed oop te krap.
‘’ O is dit jy Martiens se Herklaas toe hy so na die groot taai pit perskes wys met so ʼn wit vinger ’’
‘’ Ja Herklaas het ons dan nie jare terug die ding uit gesels nie .‘’
‘’ Ja Martiens ek wil maar net weet hoekom gee jy my nie ook ʼn bottel van die Mampoer wat julle van die pragtige perskes maak nie, die vorige bottel is al lankal leeg ‘’
Ek hoor hoe Martiens skielik lag, Ha! Ha!, en se is dit wat jy kom soek ou Herklaas!
Ek sal more weer daar by jou graf ʼn draai gaan maak.
Die volgende dag toe ry Martiens met die perde kar op daar na bo waar Herklaas begrawe is, en weet jy wat sal hy sien.
‘’ Jong Marta jy spook nou met my. Wat het Martiens gesien ! ‘’
Die vorige bottel is nog daar waar hy dit langs die graf begrawe het, met seel nog net soos die dag wat hy dit daar gesit het, maar die bottel is leeg.
Nou gaan Martiens elke jaar en vat ʼn nuwe bottel mampoer vir Herklaas en ons het hom nog nooit weer gesien nie.
‘’ My aarde Marta, wat vertel jy my nou, so ek moet net seker maak, ek het so ʼn halfbotteltjie as ek in die aande hier uit loop miskien kan ek Herklaas vra van die Goue ponde, hulle weet mos Als!
‘’ He! He! Dina jy raak nou braaf of wat se ek nou!