Jongste aktiwiteit:

Boerneef
vir

Boerneef

*Boerneef was die skuilnaam van Izak Wilhelmus van der Merwe.

Die berggans het ‘n veer laat val

Die berggans het ’n veer laat val
van die hoogste krans by Woeperdal
my hart staan tuit al meer en meer
ek stuur vir jou die berggansveer
mits dese wil ek vir jou sê
hoe diep my liefde vir jou lê

Voshaarnooi, (Louis van Rensburg se toonsetting van Boerneef se gedig: )

Bantam hom so en flennie die snare
Ek is verlief op die kind
Die son slaan vuur uit die sweetvoshare
Ek is verlief op die kind
Hoor jy meisie met die sweetvoshare
verstaan jy die praat van die rankie snare
Ek is verlief op die kind
Lappa lei vir Bella koud,

in Waboomskloof se geel bossies
Lappa maak vir Bella stout,
Met Hanepootse natrossies
Donkerrooi die wingerdblaar

en warmrooi die mond van haar
My hart blom wit vir die voshaarnooi
Pluk heide van die rooiste rooi
Vir hierdie einste voshaarnooi
Bellabint my meisiekind, dis hartblom wit, die heiderooi
Bellabint my meisiekind, dis hartblom wit, die heiderooi
Vir jou my voshaar meisiekind

**

Dis die bielie met die biesie op die bruidswa
suie op sy lippe vir die skimmels
trek die rieme en toor met die snare
kyk die son op die stang taat Briekwa
wit volstruisvere in die sterbande
Oudshoringse vere in die sterbande
bielie met die biesie daars doepa aan die snare
gooi die es meddie bieliebruidspare
die een bruidegom vryf aaneen sy hande
waars tog die nôi meddie sweetvos hare

**

Waarom is die duiwel vir die slypsteen bang
en nie vir die pikswart verspoegslang
vra vir jou pa vra vir jou ma my basie
hoekom skrif hy vir ‘n knapsak groot
is ‘n mudsak sout konsuis sy dood
vra vir jou ma vra vir jou pa my basie
pa sê dis praatjies vir die vaak
ma wil niks meer hoor
van die horingsmandraak

**

Dit spook maar woes met nuwemaan
maar kwaaier nog met donkermaan
drink die kruie sluk die als
maak jou reg vir die spokewals
hierbo by Orlandi se werf
waar Poljon saans sy twak sit kerf
word feesgevier tot daglumier
maar wie en wat op hoe ‘n manier
sluk liewer nog ‘n groot dop als
en maak jou klaar vir die wisselwals

**

Makie mooigoed staan.
Makie mooigoed een-een staan
as dit kan ‘n hele rits
kyk fyn kyk fyn onthou onthou
waar die mooigoed een-een staan
as die bokveldswinde noordwes ruk
moet jy weet waar die ritse mooigoed staan

**

So tik ek met die handsambok
So ry ek die skimmel handgalop
Hy trap die aarde van hom weg
Hy maak die ding by die meisie reg
Dis baie jare reeds verby
Wat het geword van hom en my

**

My agtuureier was dubbeldoor
Die witliesos trek haarnaasvoor
Kyk hoe beur die hotopses
Ken jy jou katkisasieles
Hoe kry jy die kloutjie by die oor
Span net die onnerste agterstevoor

**

Die vuur brand laag
Die winter koud
July is lank
Ou Sampie oud
Wies saans by die deur
Wat wil hy hê
Is aan’t binnetoe beur
Wil laans my lê

**

Tussen die katel en die koppenent
Ennie katel se voetenent
Daar lê die begin
En daar lê die einde
Die begin vannie ding
Ennie end vannie ding
En tussenin begin en end
Word jy die speletjie ooit gewend
Of issit van begin tot end
Meer geluk as wysheid
Dajy hou toddie end?

**

Die gansnes in die ruigtepol
die strykloperbruinperd met die kol
gooi hom vol ouseurtjie vol.

**

Lokkiester, lokkiemaan?
geen dwaallicht vaak voor starren aan?
maar Boesmanland bly Boesmanland
en staanplek moersver hiervandaan.

**

Dit spook hier woes met nuwemaan
maar kwaaier nog met donkermaan
drink die kruie sluk die als
maak jou reg vir spokewals
hierbo by Orlandini se werf
waar Poljon saans sy twak sit kerf
word fees gevier to daglumier
maar wie en wat op hoe ‘n manier
sluk liewers nog ‘n groot dop als
en maak jou klaar vir die wisselwals

**

“As die wind so waai, waai,
soos hy nou daar waai, waai,
dan waai my jas, dan waai my jas,
in die taaibos vas, in die taaibos vas.”
“Dis die wit perd van Calvinie,
hy loop maar hy kan nie sien nie,
dis die kolperd van Calvinie,
hy loop maar hy kan nie sien nie.”
My naam is dokter Ysterbaard
piere- wiere-wiet Jan Bam;
ek trou ‘n vroutjie na my aard,
piere-wiere-wiet Jan Bam,
Victoria, Victoria , piere-wiere-wiet Jan Ariga
Victoria, Victoria, piere-wiere-wiet Jan Bam.
Al slaan my ma my neer,
as ek opstaan, dan loop ek weer.
Al is ek hoeka oud, ek is oud, maar nog nie koud.

***

Elke aand as die skemer kom
sit ou Brabanner by sy vuurtjie en brom
die aarde is ‘n vangkraal
en uitkomkans is min
dit is maar altyd sukke tyd
jy moet die noute in
uithang en holrug maak help niks
soebat en bangoog kyk help niks
niemand en niks help niks
jou voorland is die noute in
want die aarde is ‘n vangkraal
en uitkomkans is min

**

By Pramberg blêr ‘n moflam
van hongerte en dors
by Pramberg vrek ‘n moflam
dit is vanjaar die stryk
sny keelaf wat nog lewe
dis hoeka sukke tyd
by Pramberg blêr geen moflam
maar die jakkals hou jolyt

**

Boplaas het weer toegeval
van wit kapok en dik kapok
soos in my vroeë kindertyd.
Die berge in die noordekant
lyk net soos in my kindertyd –
tog glansender en kouer wit
en spokiger en bleker wit
as in my vroeë kindertyd.
Hoe kon ek weet in daardie tyd,
by die vuurherd met sy tolbosgloed,
van die nat kapok se venynigheid?

***

Niks hang so rooi soos wingerdblaar by Hexrivier
niks staan so geel soos herfspamplier by Dwarsrivier op Ceres
slaan rem aan hou jul asem in en kyk en kyk
lank en eerbiedig soos ‘n mens na so ‘n herfs moet kyk
laat dit inbrand in jou vir later tyd
die warm geel en rooi vir latenstyd

***

Elke aand as die skemer kom
sit ou Brabanner by sy vuurtjie en brom
die aarde is ‘n vangkraal
en uitkomkans is min
dit is maar altyd sukke tyd
jy moet die noute in
uithang en holrug maak help niks
soebat en bangoog kyk help niks
niemand en niks help niks
jou voorland is die noute in
want die aarde is ‘n vangkraal
en uitkomkans is min

***

Rooibekkies innie mieliesaad
hoe loop mens tussen goed en kwaad
die lekker vannie paradys
lank voor sy tyd was Adam grys
rooigeid vannie daeraad
ek korswil met jantataraat
raai bietjie wat ek met hom praat
die duisterheid van ‘n gedig
maak goeiste weet die donker lig

** *

Twee torras van torresvedras
krap mekaar se nekke
vier laatvye van adamsedras
kruie en kruie en kruie
met die slingerwielkar
teen Gydo se pas
honou kandas
hanou malgas hookah kandas
en malgas in Gydo se pas
los die moordasie van adamsedras
en krap mekaar se nekke
soos die twee torras van torresvedras.

***

Die koperkapel byt sy eie stert vas
dis ‘n neukery en ‘n half kandas
en die kperhoepel hol en rol
en die kapelhoepel rol en hol
lat dit gons en lat die stof so staan
daar’s g’n kroklong wat my man kan staan
teen hierie sort bollemakiesieslang
jy spanner en saai en jy’s banger as bang
vir hierie nagmerriewiel van die kopersatang

**

Ry pastersteek
die pad is nou
die afgrond hoog
die dood is grou

**

Die gansnes in die ruigtepol
die strykloperbruinperd met die kol
gooi hom vol ouseurtjie vol

**

Lokkiester lokkiemaan?
Geen dwaallicht vaak voor starren aan?
Maar Boesmanland bly Boesmanlaan
en staanplek moersver hiervandaan

**

Saffraanpeer gee ‘n lekker stroop
om brood met varkvet in te doop
hoe maak jy sonder brood en vark
en sonder geld om stroop te koop

Varkleerbaadjie en klinknaelbroek

ek is Baaiplek se skorriekoning
styfspanblous en nog stywerspanbroek
sys my morrie my morriedoring
dis sy en ek en ek en sy
wat die mouterbaik so heluitry
ons is een van Baaiplek se baie pare
raasbekskorrieenmorriesnare
maar ek is ammal se skorriekoning
en sys my lekkerdingmorriedoring
blits in die fles en blits innie lyf
wisenwragtag dan neuk dit styf
gee pad daar voor hier kom die koning
styf handommielyf sit my lekkerdingdoring

Tussen die katel se koppenent

ennie katel se voetenent
daar lê die begin
en daar lê die einde
die begin vannie ding
ennie end vannie ding
en tussen begin en end
word jy die speletjie ooit gewend
of issit van begin tot end
meer geluk as wysheid
dajy hou toddie end

My meisie se wange is sterkoningappels

syt ook nog anner appelgeid
maar dit is ek nou kwyt
sys kwaad vir my en nous dit uit
ek het mos onlangs Sewe Dae lank
gaan kuier in Jeroen se Lekkertuin
‘n geitjie het my meisie dit vertel
en nous ek haar en ook haar appels kwyt
(die storiemakers sê dit is maar goed so)
ek skaam my dood oor my besoek
van Sewe Dae aan Jeroen se Tuin
nou staan my ghremmer nous ek desperaat
wat mag ‘n mens oor Lekker dink en praat
wat mag jy wens en skryf wat moet jy laat
by predikant professore soek ek raad
van Pontius na Pilatus vannie wal innie sloot
ek wens ek wens dat iemand my kan sê
wat is aksenawel tog die hoogste waarde
wat is betaamlik waar begin die kwade
daar is so baie Lekkertuine op dees aarde
nou staan my ghremmer nous ek desperaat




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed